Los wit belastingbetalers uit

Dr. Conrad Beyers
Deel op

Dr. Conrad BeyersDie Vryheidsfront Plus veroordeel die premier van Gauteng, me. Nomvula Mokonyane, se vyandige uitsprake teenoor wit belastingbetalers in die Tshwane-munisipaliteit. Die VF Plus se leier in Gauteng en LPW, mnr. Jaco Mulder, gaan ‘n dringende gesprek met die Gautengse premier aanvra in verband met haar uitsprake.

Mokonyane het onder andere gesê dat wit inwoners die Tshwane-metroraad geldelik “wurg” en het geïmpliseer dat dit slegs wit mense is wat oor dienslewering kla.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, is die Premier óf moedswillig, óf bloot oningelig. Wit belastingbetalers in die Tshwane-metroraadsgebied is tradisioneel die mees getroue belastingbetalers en die metroraad se grootste inkomste kom uit hierdie sektor, al maak wittes slegs 25% van die munisipaliteit se bevolking uit.

Die probleem met die metroraad se finansies gaan juis oor die ANC-beheerde metroraad se onvermoë of onwilligheid om wanbetalers in die lokasies te dwing om vir dienste te betaal.

“Die ANC het nie die politieke wil om streng teenoor nie-betalers in die townships op te tree nie, omdat die ANC bang is om steun daar te verloor. Die ANC teiken eerder wit belastingbetalers, wat getrou belasting betaal, om as verskoning te dien vir hulle swak finansiële bestuur en diensleweringsrekord. Los getroue wit belastingbetalers uit. Behoed die ANC as wittes keelvol raak vir hierdie tipe aanvalle en wel ophou belasting betaal”, het Beyers gesê.

Die VF Plus het ook gesê dat dit ‘n drogrede van die Gautengse premier is dat slegs wittes oor dienslewering kla. “Het die premier nie die reuse-optogte en gewelddadige protes in Mamelodi, die Brits-omgewing en elders oor dienslewering in haar provinsie gesien nie? Dis nie net wittes wat ontevrede is nie. Die ANC is besig om almal, beide swart en wit, op munisipale vlak te benadeel met hulle onvermoë om dienste te lewer.”

игри для дивчатлобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.