DA vra spesiale oudit vir Malema

Deel op

Die DA het die ouditeurgeneraal se streekkantoor in Polokwane gevra vir ‘n spesiale oudit van alle tenders wat aan maatskappye waarby Julius Malema betrokke is, toegeken is .

Dit volg op berigte dat Malema se SGL Engineering Projects twee nuwe kontrakte ter waarde van R2,2 miljoen by die Polokwane-munisipaliteit gekry het, het DA-woordvoerder Mark Steele Donderdag gesê.

“Dit blyk daar is duidelike bewyse dat Malema se maatskappye onwettig optree,” het Steele gesê.

“Maatskappy moet by die konstruksiebedryf se ontwikkelingsraad, die CIDB, geregistreer wees en belastingsertifikate kan toon om by sulke tenders betrokke te wees.

“Dis duidelik dat Malema se maatskappye nie aan een van hierdie vereistes voldoen nie.”

Volgens Steele het die voormalige premier van Limpopo, Sello Moloto, gesê die kontrakte is aan SGL toegeken omdat burgemeesters en munisipale bestuurders in die area gedreig is.

Die beamptes is glo vertel hulle sou hulle werke verloor as die kontrakte nie aan Malema gegee word nie.

игры барби жизнь в доме мечтыФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.