Drie vas vir verkragting

Deel op

Drie mans is vasgetrek in verband met die verkragting van en moord op ‘n 83-jarige Pretoriase vrou.

Insp. Duane Lightfoot het gesê die drie is Dinsdag in Ga-Rankuwa in hegtenis geneem deur ‘n taakspan wat opgerig is om die misdaad te ondersoek.

Die bejaarde vrou is op 25 Januarie in Nieuw Muckleneuk vermoor.

“Die drie, almal in hul mid-dertigs, is in Ga-Rankuwa en Atteridgeville vasgetrek,” het Lightfoot gesê.

“Hulle is steeds in aanhouding, en sal Donderdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.”

купить монополию киевлобановский александр отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.