VF+ lê klag teen Eskom

Deel op

Die Vryheidsfront Plus het vandag formeel ‘n klag by die Openbare Beskermer (OB) gelê teen Eskom weens die nutsmaatskappy se gebrek aan algemene en finansiële bestuursvaardighede. “Daar blyk soveel aanduidings van onreëlmatighede binne Eskom te wees dat dit ‘n onafhanklike en volledige ondersoek deur die OB regverdig,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor Energie, gesê. Die VF Plus het voorheen onderneem om die saak na die OB te verwys sodra Nersa se besluit bekend gemaak is.

Verdere impetus tot hierdie klag by die OB is verleen deur die bekendmaking van die feit dat Eskom elektrisiteit aan 138 onbekende maatskappye teen ‘n drastiese verlaagde tarief verskaf. Eskom weier blykbaar om aan die betrokke Ministers of die Parlement te openbaar wie die maatskappye is en wat die motivering van die lae tarief sou wees op grond van kontraktuele terme wat geheimhouding waarborg. Dit beaam weereens die VF Plus se posisie dat Eskom oormatig steun op die inkomste gegenereer van huishoudings en landbou en dit gebruik om ander industrieë in die geheim te subsidieer.

“In dié verband gaan die VF Plus ‘n aansoek aan Eskom, in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000, rig om te openbaar wie die maatskappye is wat bevoordeel word, teen watter tarief, asook die terme van die kontrak in elke geval. Dit is die party se mening dat Eskom nie sal kan skuil agter die feit dat die kontraktuele terme van vertroulikheid Eskom inbind tot geheimhouding nie. Eskom is ‘n nutsmaatskappy wat besit word deur die staat namens die publiek en wat uitsluitlik verantwoordelik is om krag tot voordeel van die publiek te lewer. Daarom sal dit in die publieke belang wees om inligting te openbaar wat daarop dui dat Eskom nie tot voordeel van verbruikers optree nie,” het Alberts verder gesê.

Die VF Plus gaan ook verdere ondersoek instel na die geldigheid van Nersa se besluit in die lig daarvan dat Eskom ‘n wesenlike wanvoorstelling geskep het in sy tariefaansoek deur nie melding te maak van die gesubsidieerde kontrakte nie. Die kernvraag is hoeveel Eskom se inkomste verhoog kon word deur pariteit te skep tussen huishoudings en landbou se bydrae tot Eskom se inkomste en dié van die gesubsidieerde geheime maatskappye. Die VF Plus gaan nie die saak net hier los nie.

play casino tableлобановский обыск

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.