Protesteer teen ANC by die stembus

Deel op

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die gewelddadige protesaksies oor nie-lewering van munisipale dienste en verbreekte verkiesingsbeloftes, ‘n bewys is dat die ANC se tyd in beheer van die Tshwane-metroraad en ander munisipaliteite begin uitloop.

Die VF Plus het gesê dat die party gaan poog om met die leiers van die protesoptrede in gesprek te tree rakende hulle probleme. Dit volg na die gewelddadige protesoptrede in Mamelodi-Oos.

Die VF Plus het ook ‘n beroep op opposisiepartye in die Tshwane-metroraadsgebied gedoen om in gesprek te tree oor hoe die ANC by volgende jaar se munisipale verkiesings verslaan kan word deur ‘n koalisie van partye.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is die VF Plus gekant teen gewelddadige protesoptrede, maar het bygevoeg dat dit onafwendbaar is dat desperate inwoners se frustrasies sal oorkook wanneer basiese dienste soos lopende water en elektrisiteit nie gelewer word nie.

“Ons wil met die leiers van die protesaksies praat en vir hulle sê dat die enigste protesaksie wat tot ware resultate sal lei, by die stembus moet plaasvind. In die onlangse verlede ondervind ons dat mense gewelddadig protesteer teen die ANC se swak diensleweringsrekord, maar dan vir die ANC stem in verkiesings. Solank die protesteerders vir die ANC bly stem, sal hulle geen dienste, geen huise en geen elektrisiteit ontvang nie,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat die skuld vir enige ontwrigting van die 2010 Wêreldbeker voor die ANC-beheerde Tshwane-metroraad se deur gelê sal word.

справка в вузФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.