Vryheidsfront Plus dien haatspraakklag teen Malema in

Deel op

Die Leier van die VF Plus en adjunkminister van Landbou, dr. Pieter Mulder, gaan vandag, 10 Maart 2010, ‘n formele kriminele klag teen Julius Malema, ANCJL-leier, lê na aanleiding van sy gebruik van die slagspreuk “Kill the boer, kill the farmer” by ‘n studentevergadering in Johannesburg gisteraand.

Die gebruik van die slagspreuk is ook ‘n oortreding van artikel 16(2)(c) van die grondwet. Vryheid van spraak sluit juis nie verkondiging van haat in wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak uitmaak nie en is reeds deur die howe as haatspraak verklaar.

 

casino onlineданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.