Burgemeester se openingsrede stel teleur

Deel op

Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-raadslid in die Tshwane-metroraad, het in ʼn verklaring in reaksie op dr. Gwen Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metroraad se openingsrede gesê dat dit betreurenswaardig is dat die burgemeester nie gebruik gemaak het van die geleentheid om die verdelende kwessie van naamsveranderings aan te raak nie – dit terwyl sy ‘n beroep op samewerking in die stad gemaak het. Naamsverandering is tans ‘n polities verdelende faktor in die metroraad.

Die Burgemeester het in haar openingsrede op 7 spesifieke areas gefokus wat insluit infrastruktuurontwikkeling, -opgradering en -onderhoud, landbou-ontwikkeling, veiligheid en transformasie.

Alhoewel dit lyk of daar marginale vordering was in die voorsiening van toegang tot water en elektrisiteit, was dit opmerklik dat geen verwysing na ekonomiese opheffing gemaak is, ten einde armoede in die weste van Pretoria op te hef nie. Daar word steeds net gefokus daarop om een deel van die arm gemeenskap op te hef, terwyl arm Afrikaners in die koue gelaat word.

Geen aanduiding is ook gegee vir enige planne vir die metro om selfversorgend te raak ten opsigte van elektrisiteitsvoorsiening nie. Terwyl duisende krane geïnstalleer en elektrisiteitspunte verskaf word, is daar geen duidelike plan om toegang tot hierdie dienste op ʼn volhoubare basis te kan verskaf nie.

“Die VF Plus was teleurgesteld in die min fokus wat daar op die swak finansiële toestand van die metro geplaas is. Die raad sal meer moet doen as om e-posse en sms’e aan gebruikers van dienste te stuur. Die raad moet daadwerklike stappe neem om wanbetalers se toegang tot dienste te beëindig en ʼn groter poging moet aangewend word om die debiteure van die raad te verminder,” het Jansen van Rensburg gesê.

Alhoewel die metro beperk is in hul vermoë om te kan bydra tot die bekamping van misdaad, blyk dit dat daar groter erns is om korrupsie in die raad hok te slaan. Die verdubbeling in die aantal metro-polisielede in die metro-gebied is ook deur die VF Plus verwelkom.

Geen verwysing is oor die metro se gereedheid gemaak rondom die 2010 Wêreldbeker nie. Daar bestaan tans kommer oor die gereedheid van sekere spanne se basiskampe wat teen einde Februarie vanjaar nog steeds onvoltooid was.

Die ANC het weereens hul kans verbrou om weldeurdagte planne, aksies en resultaatmeting op die tafel te lê. Die toespraak was vergelykend met die van pres. Zuma vroeër vanjaar, waar baie gepraat is maar min gesê is. Die enigste konstante in die metro se politieke administrasie is die voortsetting van die ANC se vernietigende transformasie- en regstellende aksie-agenda.

осушительДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.