Jonathan Jansen prys Malema se leierskap

Deel op

Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen het tydens ’n lesing oor diversiteit en leierskap in Kaapstad gesê Malema is nie ‘n nar soos hy in die media voorgestel word nie.

Hy het ook gesê Malema staan ‘n goeie kans om president te word. “Moenie verras wees as hy eendag president word nie.”

Malema beskik volgens Jansen oor die insig om tersiëre onderwysprobleme te peil. “Dit is ’n fout om Malema bloot as ’n openbare nar te sien. Ek het hom ervaar as iemand met ’n diep begrip vir die kompleksiteite en uitdagings by universiteite.”

Jansen het Malema se politieke loopbaan tot dusver geloof. “Hy is ’n bewese politikus, anders sou hy nie vandag wees waar hy is nie.”

Jansen het Malema in November ook in die openbaar geprys. Malema het sy steun aan die rektor toegesê tydens ‘n optog teen die Reitz-4.

no deposit slotОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.