Malema sal ‘arrestasie verwelkom’

Deel op

Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, sê as enigiemand kan bewys dat hy iets verkeerd gedoen het, hulle hom in hegtenis kan neem.

“Ek is nie bo die wet nie. As ek enigiets oortree het, vra ek om in hegtenis geneem te word,” het hy Dinsdag aan studente by die Universiteit van Johannesburg gesê.

Malema het vorige verklarings herhaal waarin gesê is dat hy nog nooit van die armes gesteel het nie en dat hy R140 miljoen, wat glo in sy bankrekening is, aan die minderbevoorregtes sal gee.

“As ek R140 miljoen het, vat die geld en nasionaliseer dit,” het hy gesê in verwysing na sy oproep om die land se myne te nasionaliseer.

“Ek gee vir julle toestemming om alles anders wat julle in daardie rekening kan vind te neem en dit aan die armes te gee.”

Volgens Malema is die “aanval” teen die jeugliga nie ‘n gewone aanval nie.

Malema het ook gesê dat ‘n leefstyl-oudit nie ‘n konsep is wat deur Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, uitgedink is nie.

Dit is ‘n beleid wat die Skerpioene  gebruik het en tans maak die die Suid-Afrikaanse Inkomstediens daarvan gebruik.

“Hoekom moet ons ‘n leefstyl-oudit deurmaak?”

“As jy ‘n slang wil doodmaak, slaan dit hard op die kop, dit is wat hulle met my wil doen.”

video slot machinesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.