Regering minagtend oor plaasmoorde

Deel op

“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, se opmerking by ‘n konferensie van AgriSA, dat die Polisie plaasmoorde as net gewone misdaad beskou, bevestig dat die regering minagtend is teenoor plaasmoorde. Die Polisie is vinnig om sekere misdade, soos transito-rooftogte en die opblaas van kitsbanke, as prioriteitsmisdade te beskou en dan sterk teenoptredes te beplan. Hoekom word hierdie misdade dan nie net as gewone misdaad beskou nie? Die minister en die regering skram weg van plaasmoorde, juis omdat daar ‘n sterk element van rassisme betrokke is,” sê mnr. Pieter Groenewald(LP), hoofwoordvoerder oor Polisie van die Vryheidsfront Plus.

“Die wreedheid waarmee veral plaasmoorde gepleeg word, is skokkend. Boere word keelaf gesny, gemartel met kookwater ensovoorts. Boere in Suid-Afrika is die groep waaronder die meeste moorde plaasvind, gemiddeld 313 uit elke 100 000, en dan eers wetstoepassers, soos lede van die Polisie, waar die syfer 153 uit 100 000 is. Die komitee wat plaasmoorde  in 2003 ondersoek het, het toe reeds bevind dat die kanse dat die slagoffer in ‘n plaasaanval beseer sal word, twee maal so groot as in transito-rooftogte is. Die kanse dat die slagoffer sal sterf is drie maal so groot as in transito-rooftogte. As die Polisie transito-rooftogte as ‘n prioriteit kan beskou, des te meer behoort plaasmoorde as prioriteit beskou te word,” het Groenewald gesê.

“Die kommando’s is afgestel met die belofte dat daar nie ‘n vakuum in beveiliging sal ontstaan nie. Sektorpolisiëring is ingestel, maar is ‘n mislukking. Die Polisie hou sedert 2007 ook skielik nie meer rekord van plaasmoorde en plaasaanvalle nie. ‘n Verslag deur die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening oor die ondersoek na die redes van wreedheid van geweldsmisdade is verlede jaar Augustus reeds voltooi, maar Mthethwa maak nie die verslag bekend nie. Dit is duidelik dat die regering die boere van Suid-Afrika gefaal het,” sê Groenewald.

new young fashonтопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.