Beverley Harper verguis Afrikaner

Deel op

Ek het gedink haat teen die Afrikaner is lankal begrawe, maar ek het die naweek ‘n boek begin lees van Beverley Harper: Footprints of lion. Die boek is ná haar dood deur haar man voltooi en in 2004 gepubliseer – nogal in Australië.

Die Engelse: gesofistikeerd, lief vir inheemse nasies, mooi, slim, vredeliewend. Die Afrikaners: lelik, dom, onbeskaafd, rassisties, moordenaars. Om seker te maak die lesers haat Afrikaners genoeg, het die skryfster sommer die Broederbond al twintig jaar vroeer in die 1890s laat stig. Lg. is nie gestig om die Afrikaner op te hef onder Engelse onderdrukking nie, maar sommer van meet af aan om die land te oorheers en die swart mense te vertrap. Aldus mev Harper.

Mens sou so graag aan haar wou vra wie het vir ten minste 200 jaar Suid-Afrika koloniaal beheer? En hoekom, as die Engelse so lief was vir die swart Afrikane, was die swart mense nie saamgenooi in 1910 om die Unie van Suid-Afrika te regeer nie? Daar is nog ‘n honderd vrae wat ek aan die dame sou wou vra, maar helaas is sy oorlede.

Ek het nie besef daar is nog Engelse mense wat die Afrikaner so haat nie. Ek wil graag glo hulle is min en aan die uitsterf, maar steeds word hierdie haatspraak in haar boeke wêreldwyd uitgebasuin, gelees en moontlik ook geglo. Ek is fel gekant teen sensuur, maar as ons moet sensuur toepas, behoort Beveley Harper se boek verbied te word weens haatspraak of rassepornografie. (Lekker nuwe woord?)

интернет магазинФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.