Die skuldige is dus….

Deel op

Sedert dit bekend geword het dat Suid-Afrika vanjaar die gasheer vir die wêreldsokkerbekertoernooi gaan wees, is Suid-Afrikaners wat bekommerd was oor moontlike eier in die gesig dikwels beskuldig van dislojaliteit teenoor die land.

Terwyl die oorgrote meerderheid hul kommer op werklikhede soos paaie en dienste wat die kreeftegang gaan, gebaseer het, is dié skeptisisme gewoonlik afgemaak as ‘n vorm van rassisme gebaseer op skeptisisme dat swart mense nie in staat is om ‘n toernooi suksesvol aan te bied wat volgens komm. André Pruis 70 keer so groot is soos die wêreldbeker-rugby en kriekettoernooie saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het.

Suid-Afrikaners is grootliks nog in die duister oor presies wat veral die gasheerstede alles moet doen om aan al die vereistes van die gasheerstad-ooreenkomste te voldoen. Almal weet van die stadions en dat dit op koers is. Min of meer almal weet van vervoer-meesterplanne wat moet geld, en baie mense is ook bewus van handelsaktiwiteite wat nie binne ‘n sekere radius van die stadion af mag plaasvind nie. Onlangs het die SABC-TV berig dat dit ook aspekte insluit soos vullisherwinningsprogramme en die plant van bome.

Terwyl die gemiddelde Suid-Afrikaner in die duister gehou word oor die voorvereistes, sal daar skeptisisme wees oor of aan die vereistes voldoen word.

Pas is berig dat die tweede buitelandse burger binne enkele dae in ‘n plaasaanval in Limpopo vermoor is. Daar is geen aanduiding dat Suid-Afrika ‘n diplomatieke nota van simpatie met die Kanadese en Belgiese bevolkings gelewer het nie. Dit is moeilik om skaam vir jou regering se doen en late te wees, en met ‘n euforie vol te hou dat alles klop disselboom verloop. Trouens, dit is irrasioneel en onverantwoordelik.

Intussen is dit swart joernaliste in koerante met hoofsaaklik swart lesers wat nou die skerpste kritiek begin uitspreek. Gister het The Sunday Independent ‘n artikel geplaas, geskryf deur Prince Mashele, uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Politiek. Die opskrif som die krisis mooi op: “The President who has killed his nation’s pride.”

Ja, die president en sy eietydse Mandaryne en kornuite maak gereeld beloftes van hoe korrupsie uitgeroei gaan word. Ongeveer ‘n jaar gelede, kort voor die algemene verkiesing, het een hiervan, Ace Magashule, by ‘n SALGA-kongres gesê daar gaan van onbevoegde en korrupte burgemeesters en munisipale bestuurders ontslae geraak word. Heel profeties is hy uitgelag.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, is volgens waarnemers erg in die spervuur omdat hy dit waag om daad by die woord te voeg oor ANC-beloftes om korrupsie vas te vat.

Van die naïwelinge, soos Max du Preez en Jakes Gerwel stoei steeds met wat hulle die verregsing van die samelewing noem as krisis, en sukkel om dit te onderskei en ontrafel van ‘n diepsinnige kommer dat die land eier in die gesig gaan kry. Dit het niks met dislojaliteit te make soos wat so graag gesê of gesinspeel word nie.

Al hoe meer stemme gaan op dat die skrif aan die muur is van Zuma se dae as president. In hierdie stadium is dit, die duidelike spanning binne die ANC-alliansie ten spyt, waarskynlik meer wensdenkery as iets anders. Dit raak egter by die dag duideliker dat Suid-Afrika nie die luukse van ‘n president en jeugpresident kan bekostig wat van verleentheid tot verleentheid strompel terwyl die Titanic besig is om te sink nie.

Net so min kan die land bekostig dat diegene wat die werklikheid in die oë kyk, as pessimiste of rassiste afgemaak word.

тамбов лежакиАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.