Vetkatte se dans

Die tekens begin deurskemer dat die ANC ongemaklik begin raak om na die geldmag wat hulle in beheer geplaas het, se pype te dans.

Een van die redes waarom Zuma vandag president is, is omrede hy Mbeki vurig teengestaan het oor sy stille diplomatiese handtering van die Zimbabwe kwessie. Zuma het Cosatu, wat die MDC se bondgenote is, se taal gepraat en het met hulle hulp van Mbeki ontslae geraak.

Nou ewe skielik is Zuma ‘n kampvegter vir Mugabe tydens sy staatsbesoek aan Brittanje, en vra hy dat sanksies opgehef moet word. Nou wat het intussen verander? Einde Augustus verlede jaar was Zuma vir ‘n amptelike besoek aan Zimbabwe, en ek is seker ou Bob het vir hom mooi vertel hoe die dinge eintlik agter die skerms werk.

Na Zuma se besoek aan Zimbabwe word daar skielik gepraat van die nasionaliseering van die myne en banke, en selfs van die reserwebank. Daar word alternatiewe finansiering gesoek vir ontwikkeling deur pensioenfondse te roof en ‘n groot mediaoorlog word teen Zuma en Malema geloods vanuit die geldmag-beheerde pers. Ook het die Britte Zuma-hulle ingeroep vir ‘n ‘Staatsbesoek’.

Dit is nie verniet dat hierdie jaar se begrotingsrede en Zuma se toespraak in die Britse parlement melding daarvan maak dat die regering nie van plan is om die myne te nasionaliseer nie. Ons weet almal egter wat Dingaan se woord beteken…

Ons moet onthou dat die geldmag se hoofbesigheid die finansiering van regerings is. Veral oorloë, staatsgrepe en revolusies word gefinansier sodat die geldmag hulle houvas op die monetêre en politieke stelsels van lande kan kry. Daarna word die land gestroop van sy minerale rykdomme terwyl die paar krummels wat van die geldmag se tafel val gebruik word om die vetkat marionette wat die hulle in beheer hou te voer.

Ons weet van die katastrofe wat gevolg het in Zimbabwe toe Mugabe die geldmag uitgeskop het. Die hele ekonomie het in ‘n kwessie van maande in duie gestort. Dit sal dalk wys wees vir die Afrikaners om ook buitelandse geldeenhede of goud te besit. Indien die ANC voortgaan op die pad van Zimbabwe sal die Rand heel moontlik heelwat minder werd word. Op die langer termyn sal dit egter beteken dat ons makliker ons vryheid kan verkry, omrede ons ‘n duisend maal beter kans het om dit te verkry indien die geldmag nie agter ons vyand staan nie. Die geldmag het die Afrikaner al twee maal ore aangesit in die verlede. Gaan ons toelaat dat hulle ons totaal vernietig?

‘n Individu, klein organisasie en selfs ‘n politieke party kan weinig uitrig teen ‘n monster van ‘n geldmag. Dit is alleenlik wanneer daar ‘n oorkoepelende owerheid is wat alle Afrikaners outomaties saamsnoer, maak nie saak van jou siening of jou hardegat-houding nie, dat ons ‘n kans staan teen hulle.

Die sinkplaat gaan nog warm word vir die vet katte van die ANC…. want hulle speel met vuur. Die Afrikaner moet net sorg dat hy nie aan die slaap gevang word wanneer hulle sink nie, maar reg is om die geleentheid aan te gryp wanneer dit kom.

free casino no deposit bonusФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.