‘n Plekkie in die son

Deel op

In Desember 2009 kuier ons dogter Betsie by ons uit Kaapstad.  Dis Saterdagmiddag en ons ander dogter wat in Moreletapark woon, kom kuier ook, saam met haar dogtertjie, Lynette, ons enigste kleinkind Toe Lynette se Mamma iets met Ouma wil bespreek, neem Oupa en tannie Betsie vir klein Lynette (2 jaar oud) op die stoot-fietsie om in die park op die hoek te gaan speel.

Toe ons by die park se hek aankom, gaan Oupa in sy spore staan: Die hele park is vol swart kindertjies.  Oupa voel verswelg en toe hy wou omdraai, spring klein Lynette van die fietsie af en roep uit:

“Jippie! Maatjies!!!”  Sy hardloop die kindertjies tegemoed. Hulle voel haar vriendelikheid aan en kom gee haar ‘n handjie.  Speel saam met haar liefdevol en mededeelsaam op die afglyer en die swaaie en op die hobbelperdjie.  Oupa en tannie Betsie geniet ‘n volle uur van onbevange kinderspel sonder enige rasse-vooroordeel en besef dat klein Lynette vir ons ‘n waardevolle les geleer het!

Volgende keer sal ons nie weer “verswelg” voel en daaraan dink om by die hek om te draai nie. Die skille van rasse-vooroordeel het van ons oë afgeval! Dankie liewe Lynette!  Jy het ons laat besef dat ook jy nog ‘n mooi toekoms in hierdie land het!  Liefde is sterker as haat!  As ons almal met mekaar praat, kom begrip en wedersydse aanvaarding, en dan is daar vir ons almal ‘n plekkie in die Son hier in ons wonderlike Suid-Afrika!

Veels geluk met PRAAG se eerste 10 jaar!

 

online casinosОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.