Gebruik minder elektrisiteit – Eskom

Deel op

Image

Dit word al hoe minder…

Met somerelektrisiteitsverbruik wat inhaal op winterverbruik, het Eskom gister 1 Februarie verbruikers gevra om meer energiedoeltreffend te word.

Deel op

“Die toenemende gebruik van lugreëling, tesame met ’n algemene toename in aanvraag, is besig om die somerelektrisiteitsverbruikpatroon in Suid-Afrika te verander,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.

Eskom het huisgesinne gemaan om die looptyd van swembadpompe te verminder en om lugreëling soggens vroeg aan te skakel om koel lug in die huis in te trek. Deure en vensters behoort dan toe gehou te word om warm lug uit te hou.

Ander wenke sluit in om plafonwaaiers en ligte verf op buitemure om hitte te weerkaats. Aluminiumplafonisolasie en vensterbehandeling kan ook hittetoename verminder.

Hitteproduserende toestelle soos skottelgoedwassers, tuimeldroërs en oonde behoort liefs saans gebruik te word, meen Eskom.

липецк абразивныйФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.