UJ-kampus met waterkanonne begaanbaar gemaak

Deel op

Betogende studente van die universiteit van Johannesburg wat die kampus ongbegaanbaar wou maak, is Woensdag en Donderdagoggend deur die polisie met waterkanonne uitmekaar gejaag.

Studente wat aan die studente-organisasie Sasco behoort, eis dat tersiëre onderrig gratis moet wees.

SA Students Congress (Sasco) het Woensdag gesê hulle sal nege kampusse ontoeganklik maak vir lesings Donderdag.

Benewens die Buntingstraatkampusingang van UJ wat deur klippe en gebrande voorwerpe afgesper is, is geen ander ontwrigtings by die nege instellings gerapporteer nie.

Die registrateur van UJ, Professor Marie Muller sê akademiese en ande studente-aktiwiteite sal voortgaan soos gewoonlik.

Studenteleier Mhlobo Hoyi sê die studente eis nie aleen gratis onderwys nie, maar ook hulp vir studente wat hulle eerste jaar gedruip het.

Hy sê dit is nie studente se skuld nie omdat die onderwysstelsel hulle gefaal het.

Sasco se president Mbulelo Mandlana het die berigte van “ongeoorloofde polisiegeweld” veroordeel en gesê alle optogte het vreedsaam verloop.

 

прорезыватель для зубов банан купитьлобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.