Zuma paai Britte oor myne

Deel op

Jacob Zuma het Donderdag, op die derde dag van sy staatsbesoek aan Brittanje aan Britse parlementslede gesê die nasionalisering van myne is nie op die regering se agenda nie.

Zuma het dié versekering gegee nadat ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, die nasionalisering van myne met ywer begin bepleit het.

“Laat my van hierdie geleentheid gebruik maak om te bevestig dat Suid-Afrikaanse wetgewing nié voorsiening maak vir die nasionalisering van myne nie en dat daar geen bespreking in regeringskringe daaroor gevoer word nie,” het Zuma tydens sy toespraak gesê.

Hy het ook die versekering gegee dat sokkertoeriste veilig sal wees gedurende die Wêreldbeker.

Zuma kon egter nie daarin kon slaag om die Britse eerste minister, Gordon Brown, te oortuig om sanksies teen Zimbabwe te laat vaar nie.

Die EU asook die VSA het die reisverbod en batebevriesing wat teen Suid-Afrika se buurlandleiers ingestel is, met ‘n verdere jaar verleng.

free slotАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.