Zuma se toekenning

Deel op

Die queen het pres. Jacob Zuma met die “Orde van die Bad” vereer.

“Moes dit nie eintlik die ‘Orde van die Stort’ gewees het nie wil mev. Blik op slag weet.

Ja-nee, daarmee kan ek nie méér as saamstem nie.

Maar, dink ek, ek is bly die queen het nie die “Orde van die Bad” óf die “Orde van die Stort” aan my toegeken nie. Ek sou dit net dalk as ‘n skimp beskou het, veral na siffel ure op ‘n vliegtuig.

“Ek dink,” sê ek na ‘n rukkie, “die ‘Orde van die Stoetbul’ sou meer gepas gewees het.

“Ja,” sê vroulief wat op ‘n plaas grootgeword het, “moes seker ‘n Drakensberger wees, want hulle kapasiteit maak dat hulle nie net hul eie troppies ‘doen’ nie, maar sommer ‘n klomp van die bure se troppe ook. G’n draad hou g’n Drakensberger in nie. Pure swart kallers die wêreld vol.”

“Dink jy die prez gaan bietjie besienswaardighede besigtig?” vra vroulief.

“Ja, ek hoor hy gaan by ‘n museum die uitstalling van Koning Henry die 8ste goed bestudeer. Volgens oorlewering is dié koning se rekord nog nie verbeter nie. Dis nou so ver ons weet.”

“Klink my Zuma is nie baie tevrede met die ‘Orde van die Bad’ nie.”

“Hoe so?”

“Ek sien hy vis al weer vir nog ‘n toekenning by Mugabe. Vertel vir die Britte die sanksies teen Mugabe is nou nie sportmanship nie, what, what.”

под потолокАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.