Belastingbetalers tot weerhouding gedwing

Deel op

Mnr. Cornelius Jansen van Rensburg, VF Plus-stadsraadslid in Pretoria, het vandag in ʼn verklaring gesê dat belastingbetalers uit frustrasie hul munisipale-belastings weerhou omdat stadsrade nie dienste lewer nie. Dit volg nadat mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, belastingbetalersverenigings wat hul plaaslike dienstegelde weerhou gedreig het met “oorlog”.

Jansen van Rensburg het gesê dat min. Shiceka se kategorisering van die belastingbetalersverenigings as “wit”, rassisties is. “As die arm mense in Suid Afrika hul teleurstelling in die gebrek aan dienslewering kan toon deur te betoog en te brand, het die res van ons ook die reg om ʼn vorm van protes aan te teken,” het Jansen van Rensburg gesê.

Die ANC-regering se sentralisering van stadsrade, regstellende aksie en ʼn algemene verdraagsaamheid teenoor korrupsie op plaaslike vlak, is wat munisipale regeringsvermoë ondermyn. Die weerhouding van belastinggelde is ʼn blote reaksie hierop.

Dit sal goed wees indien die Minister gesprekke met organisasies soos die NBU wil voer, maar gesprekke gaan egter nie slaggate vul nie.

Met optogte, brandende buitebande, klipgooiery en rubberkoeëls wat nou weer ʼn alledaagse verskynsel in plakkerskampe is, dink ʼn mens terug aan die Amerikaanse revolusie waar die slagspreuk “no taxation without representation” gebruik was.

насосФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.