Brittanje oorsaak van Zim-krisis

Deel op

ImageThabo Mbeki het lank geswyg oor die ekonomiese en politieke krisis in Zimbabwe.  Dalk het hy so baie tyd nodig gehad net om agter die kap van die byl te kom…  En toe hy sy swye verbreek, toe praat hy sowaar op die man af, dalk onbewustelik, maar tog.  Dit is toe hy beweer dat die blaam vir die krisis in Zim vierkantig voor Brittanje se deur geplaas moet word.

Al wou die presidensie en die departement van buitelandse sake later nie die bestaan van die regeringsverslag erken nie, het hulle tog genoem dat Mbeki se verslag aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) dalk nie bekend gemaak sal word nie. Aziz Pahad, adjunkminister van buitelandse sake, ontken toe ook dat Brittanje se betrokkenheid nie in die verslag genoem word nie, maar tog beweer die Guardian dat hy Mbeki se verslag aan die SAOG bekom het en dat Mbeki net soos Mugabe, die skuld vir die land se probleme plaas op “Westerse sanksies”.  Dus bestaan so ’n verslag, maar het Mbeki klaarblyklik intussen besef watter implikasies sy bewering teweeg gaan bring en betwis hy nou ook die bestaan van so ’n verslag deur middel van sy woordvoerder, Mukoni Ratshitanga. 

Deel op

Dit is goed om die geheue weer te verfris oor wat Brittanje se betrokkenheid by die Zim-krisis is. Ons moet onthou dat die destydse Rhodesië, toe Ian Smith nog eerste minister vir die nagenoeg 200 000 blanke inwoners daar was, ekonomiese stabiliteit geniet het en polities vir niemand ’n bedreiging ingehou het nie.  Maar die internasionale aanslag om van die hele wêreld een multikulturele staat te maak, was ook vir Rhodesië te fel.  Die metode om Rhodesië tot ’n val te bring, was om soveel leuens as moontlik te versprei oor die “gevaar wat Rhodesië inhou vir wêreldvrede”. In ’n vergadering van die Verenigde Nasies in 1965, het slegs twee lande, Suid-Afrika en Portugal, die oproep om Ian Smith se regering omver te werp, teengestaan. 

Die sosialistiese Britse eerste minister, Harold Wilson, het alles in sy vermoë gedoen om Rhodesië se regering tot ’n val te bring terwyl hy openlik samewerking met die kommunistiese kriminele in die Kremlin bepleit het.  Al die groot internasionale nuusagentskappe sowel as die magtige internasionale finansiële instellings het hom ondersteun. Toe Wilson op die finansiële reserwes in Londen beslag lê en die bestuur afdank, het hy hulle vervang met bankiers wat bekend was vir hulle revolusionêre uitgangspunte.  Die nuwe Voorsitter,  ‘Sir’ Sydney Caine en die bankier SG Warburg, was twee van die lede van Wilson se nuwe bankierraad wat ’n prominente rol gespeel het om Rhodesië te help vernietig. 

As die Smith-regering kon standhou teen die kommunistiese aanslag, sou die ekonomiese voorspoed wat hulle beleef het van Rhodesië feitlik ’n onafhanklike en vry land gemaak het.  Die kommuniste, sosialiste en bankiers van die wêreld (mens kan hulle maar noem wat jy wil), het hierdie feit as ’n groot bedreiging gesien en dit moes ten alle koste verhoed word. Nie net het Wilson op Rhodesië se fondse in Londen beslag gelê nie, maar openlik verkondig dat hy sal voortgaan om ’n enorme finansiële oorlog te voer en selfs ’n militêre aanval teen die Smith-regering te loods wat die ekonomie en vervaardigingsektor daar totaal sou vernietig.  Daarby het Wilson ook ’n Afrikabuurland befonds deur onder andere ’n radiostasie daar op te rig waardeur hy die swartes kon aanhits tot opstand teen Rhodesië. As gevolg hiervan is daar skokkende misdade gepleeg onder die opgesweepte leierskap van Nkomo en Sithole met hulle ZANU- en PCC-bondgenote. Wilson se openlike aanmoediging aan die swart petrolbommakers het ook ’n groot bydrae gelewer tot die onmenslike moorde wat daar gepleeg is. 

Tog interessant dat menige besoekers aan Rhodesië getuig het dat die blankes onder die Smith-bewind rustige inwoners in ’n vooruitstrewende ekonomiese klimaat was wat valslik beskuldig is van “’n gevaar vir wêreldvrede”.  Selfs ’n lid van Wilson se eie party, mnr R.T. Paget, het nadat hy ’n week in Rhodesië was, gesê Wilson se bewerings is “unmitigated and absolute nonsense”. Nietemin het die internasionale breinspoeling teen Rhodesië volmaak geslaag. Harold Wilson se finale aanslag teen die Smith-regering was om binne ure nadat kommuniste soos Nkrumah tydens ’n konferensie in Lagos, Nigerië, geëis het “to restore constitutional goverment in Rhodesia!”,  dit deur te voer. 

Vandag getuig “Zimbabwe” van die sukses van Brittanje se grootse poging om te keer dat Afrika onafhanklik en voorspoedig sou bly.  As NEPAD op 2 Augustus 2007 sy kommer uitspreek oor die “kritieke probleem in terme van produktiwiteit”, is dit duidelik dat die volle beginsel van kommunisme daar neerslag gevind het. Nie eers die honger swartes in Zimbabwe kan dit meer daar uithou onder die bewind van ’n versteurde leier nie en vlug in duisendtalle per dag na Suid-Afrika, presies wat die sosialistiese leiers in Brittanje voorsien het omdat dit Suid-Afrika self ook op sy knieë sou help bring. 

Geen verdere beraadslaging van die SAOG of enigiets wat Mbeki of Mugabe te sê het of doen, sal ’n verskil maak aan die toestand van onwettige immigrasie uit Zimbabwe nie. Daarom sal ons eens voorspoedige Suid-Afrika wat onder ’n swart ekstremistiese regime reeds ’n derdewêreldland geword het, meer en meer gebuk gaan onder die barbarisme van Afrika totdat hier ook geen voedsel, veiligheid of heenkome sal wees nie. 

Soos wat Mugabe in 1983 20 000 Ndebeles laat vermoor het om Joshua Nkomo se magsbasis te vernietig, so sal Suid-Afrikaners onder die ANC-regime bly uitgemoor word in ’n poging om van die hele Afrika weer ’n swart magsbasis te help maak. Tot die swart mense weet dit; daarom dat Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu in die afgelope maand prontuit dreig: “Suid-Afrika sal soos Zim lyk!”  Dit is nie ydele dreigemente nie; ons gaan nog baie stakings tegemoet wat sal meehelp om Suid-Afrika tot ’n Zimbabwe te transformeer.  En eers dan sal die radikales wêreldwyd tevrede wees en Brittanje sekerlik vereer word vir sy leidende aandeel in die verwoesting van die voormalige beskawing van Afrika.

купить демисезонную одежду для девочки недорогоОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.