Rassediskriminasie teister SA

Deel op

“Dit lyk of rassediskriminasie soos nou deur die regering en sy agentskappe toegepas word, selfs verder strek as tydens apartheidsera, en geen poging om dit te probeer regverdig soos om ongelykhede van die verlede uit te wis is aanvaarbaar vir die volharding daarmee nie. Dit is tyd vir regstellende aksie om die trekpas te kry,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-demokratiese party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).

Botha het gereageer op die nuus dat die SAPD gaan appelleer teen ‘n bevinding van die Arbeidshof oor kapt. Renate Barnard. Dié hof het bevind die weerhouding van haar bevordering het op onbillike rassediskriminasie neergekom.

“Die voortgesette onvoldoende vertoning van die SAPD in sy poging om ‘n doeltreffende misdaadbekampingseenheid te bedryf kan grootliks toegeskryf word aan die gebrek aan bestuursvaardighede wat weer die regstreekse gevolg van onervare en ongekwalifiseerde mense is wat in verantwoordelike poste geplaas word en dan nie daarin slaag om die mas op te kom nie.

“Regstellende aksie het van sy inwerkingtreding ‘n negatiewe impak op ons land gehad en die land betaal duur daarvoor. Baie opgeleide burgers is uit die land gedryf en werk en woon nou in ander lande waar hul waardevolle bydraes ongeag hul velkleur waardeer word.

детские кроватки купить киевtopcargo развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.