Malema is ‘toekomstige president’

Deel op

Julius Malema, die uiters gewilde leier van die ANC-jeugliga, het Woensdag sy 29ste verjaardag gevier en is by die geleentheid ook as “ons toekomstige president” beskryf.

Hy het die 15 000-sitplek Seshego-stadion in sy tuisdorp, Polokwane, Limpopo gehuur vir die geleentheid.

Hy is met vreugdekrete en lofsange begroet.

Cassel Mathale, premier van Limpopo, het ook geleentheid bygewoon. Mathale het onder luide toejuiging na Malema verwys as “ons toekomstige president van die republiek”.

Lofsangers het Malema geloof en gebid dat hy die volgende president van die land sal word.

Die mense het staande hul hande uitgestrek na Malema wat met ’n geboë hoof op ’n stoel op die verhoog gesit het.

Skares het tydens die verrigtinge na die verhoog gestroom in die hoop om van die komberse en selfone wat uitgedeel is te kry, maar moes met leë hande omdraai.

Bejaardes, wat met busse vir die viering aangery is, het volgens Beeld net vrugte en water te ete en drinke gekry, terwyl die gaste aan duur drank, biltong en sjampanje in die markiestent gesmul het.

Malema, het aan sy gehoor gesê hy het “in armoede grootgeword”.

“Ek het nie deel van die struggle geword om my self te verryk nie,” het hy in Sepedi gesê.

 

справка кэкпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.