‘Blankes ondermyn munisipaliteite’

Sicelo Shiceka
Deel op

Sicelo ShicekaDie minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, het gister gesê dat blanke belastingbetalersunies die vermoëns van munisipaliteite om dienste te lewer, ondermyn.

In ‘n klaarblyklike verwysing na mnr. Jaap Kelder se Nasionale Belastingbetalersunie, het Shiceka aan die media in Kaapstad gesê dat blanke belastingbetalers hul gelde vir munisipale dienste in private trustrekenings inbetaal.

“Ons het ontdek dat 280 belastinbetalersverenigings in Suid-Afrika, wat ongelukkig almal wit is, ‘n parallelle regering geskep het,” het hy gesê.

Hulle neem die geld en pleks van vir dienste aan munisipaliteite te betaal, plaas hulle dit in ‘n trustrekening. Dit ondermyn die vermoë van munisipaliteite om dienste te lewer.”

Schiceka het gesê die regering wil met almal in gesprek tree om munisipale probleme op te los.

“Almal moet daaraan deelneem. As u ongelukkig is oor slaggate, oor dienslewering, laat ons dit bespreek. Dit is waaroor munisipale herstel gaan. Dit moet deur al die mense nagestreef word.”

Schiceka het gesê daar is ontdek dat alle gewelddadige betogings, “sonder uitsondering”, geskied omdat mense “kwessies met munisipaliteite opneem sonder dat daar reaksie is”.

“Woede is besig om oor te kook. Wat ons doen, is om ‘n meganisme te ontwikkel wat al die kwessies met munisipaliteite gaan aanspreek.”

Hy het gesê dat ‘n plan oor hoe om gewelddadige betogings te beëindig vandag by ‘n vergadering met LUR’e en plaaslike regeringsleiers bekendgestel sal word.

Shiceka het die diensleweringsbetogings vergelyk met babas wat vir hul ouers huil.

“Ons het gevind dat dit is soos ‘n baie wat huil as hy sy ouer sien. Ons hanteer die kwessies noudat mense dit meer onder ons aandag bring.

“Teen 2014 sal ons graag ‘n situasie wil hê waar daar nie meer gewelddadige betogings in Suid-Afrika is nie, waar ons attent kan wees op mense se kwessies.

“Hulle hoef nie op straat te gaan om buitebande te brand nie, om eiendom af te brand vir hulle om na geluister te word nie.”

Shiceka het verwys na ‘n moontlike vergadering met belastingbetalersunies in April. Volgens die dagblad Beeld, het mnr. Jaap Kelder van die NBU hom soos volg hieroor uitgelaat: ““Uiteraard sal ons met die minister vergader, maar hy moet sy munisipale bestuurders saambring. Een ding moet hy wéét: Dit gaan nie net by praat ophou nie, ons wil aksie sien.”

Munisipale bestuur in Suid-Afrika het onder swart beheer grootliks in duie gestort, veral in plattelandse gebiede. Terwyl burgemeesters, raadslede en munisipale amptenare groot bedrae op groot salarisse, luuksevoertuie, oorsese reise en konferensies in hotelle uitmors, word basiese dienste soos instandhouding, vullisverwydering en watersuiwering nie verskaf nie.

объемная лепка на стенахлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.