Sakeman verloor diskriminasiesaak

Deel op

Die gelykheidshof in Pretoria het in die guns van die voormalige president van die SA Reserwebank, Tito Mboweni, beslis in ‘n diskriminasiesaak wat deur die sakeman Mario Pretorius teen hom gebring is.

Die hof het beslis dat die kwessie oor Mboweni se opmerkings, wat tydens ‘n aandeelhouersvergadering gemaak is, “niks meer as ‘n storm in ‘n teekoppie” was nie.

Pretorius het Mboweni hof toe geneem oor beweerde rassistiese stellings wat hy tydens dié vergadering in 2008 gemaak het.

Hy het aangevoer dat die opmerkings onregverdig en diskriminerend is, en neerkom op haatspraak.

Hy het vergoeding en ‘n verskoning geëis en gesê Mboweni moet sy regskoste betaal omdat die stelling sy reputasie geskend het.

Mboweni het tydens die betrokke vergadering aan Pretorius gesê hy sal nie toelaat dat Pretorius met hom praat “soos wittes destyds met swartes gepraat het nie”.

Pretorius het gesê hy verstaan dat hy Mboweni beledig het.

free casino slotsОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.