Een van die nuwe spanne in die 2010 F1-kampioenskap, US F1 se bestuurder Jose Maria Lopez, het onttrek van die span en is nou glo die rugsteunbestuurder vir die Campos-span. Campos wat ook sy naam gaan verander na Hispania Racing se twee bestuurders is Karun Chandhok en Brunno Senna . Volgens bronne het Lopez ‘n baie goeie verhouding met die Campos-manne.
Hamilton se Pa nie meer sy sakebestuurder nie
Lewis Hamilton se pa Anthony Hamilton is nie meer sy sakebestuurder nie. Lewis het besluit hy wil ‘n beter verhouding met sy pa hê. Intussen s daar berigte vanaf Silverstone waar Anthony Hamilton sy GP Prep-besigheid bedryf dat mnr. F1, Bernie Ecclestone, sy amptelike toestemming ge gee het dat Anthony jong opkomende F1-bestuurders touwys maak met F1-motors buite die sport se streng toetsregulasies om. Intussen het Lewis gesê dat hy nie haastig is om ‘n ander sakebestuurder aan te stel nie; McLaren kyk glo goed na sy sake.
Lotus word geborg deur CNN
Die nuwe span Lotus het onlangs bekendgemaak dat hulle nuwe borg vir die 2010-seisoen die Amerikaanse nuuskanaal CNN is. Dit is ’n langtermynborgskap wat hopelik die Lotusspan tot glorie sal lei. Tony Fernandes is baie in sy skik met die borgskap en sê dat dit ‘n eer is om so ‘n groot naam op hulle motor te hê.