Ontvanger slaan op Durbanse glanspaar toe

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het drie motors wat sowat R17 miljoen werd is van ‘n Durbanse egpaar gekonfiskeer omdat hul belasting nie in orde was nie, berig The Mercury.

Die SAID het Dinsdag Sbu en Shawn Mpisane se Rolls Royce Phantom ter waarde van sowat R7 miljoen en twee Lamborghinis ter waarde van sowat R4,5 miljoen en R5 miljoen onderskeidelik, teruggevat.

Daar word geglo dat die Mpisane-egpaar sowat R50 miljoen in belasting skuld. Dit is nie bekend hoeveel reeds betaal is nie.

Oujaarsaand het die Mpisanes ‘n partytjie gehou met uitspattige kos en wyn. Die nasionale polisiekommissaris, Bheki Cele en talle plaaslike akteurs het dié geselligheid bygewoon.

The Mercury het in Januarie berig oor die swak geboude laekoste-huise wat deur Mpisane se maatskappy, Zikhulise Maintenance, Cleaning and Transport, gebou is.

In 2009 het die paartjie glo R219 miljoen van die eThekwini-munisipaliteit ontvang, maar bouwerk in Umlazi is gestaak nadat werkers in kennis gestel is dat daar nie genoeg geld beskikbaar is nie.

Die Mpisanes het vrywilliglik van hul bates as versekering oorhandig en onderneem om die SAID oor ‘n paar maande te betaal.

Shawn Mpisane ontken dat die paartjie die inkomstediens geld skuld.

“Ek het nog altyd my belasting betaal en my man se belasting is op datum. Julle feite is verkeerd. Doen eers julle huiswerk.”

паркет на полАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.