Korrupsie is stelselgedrewe

Deel op

“Die SAKP is gedeeltelik korrek wanneer hy sê dat die probleem van korrupsie in Suid-Afrika nie deur ‘n morele nie, maar wel deur ‘n stelselgedrewe onderbou aangevuur word. Dit is die stelsel-onderbou in Suid-Afrika wat geskep is deur die ANC se beleid van SEB, regstellende aksie en tenders vir vriende en mense met die regte politieke konneksies, wat Suid-Afrika in hierdie moeras van korrupsie laat wegsink. Dit is binne die werklikhede van hierdie stelsel wat die regering se fiskale raamwerk beoordeel moet word,” het dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep gesê.

“Jaar na jaar word miljarde rande deur die Parlement gestem om ‘n verskil te maak in Suid-Afrika. Hierdie enorme bedrae van hoofsaaklik belastinggeld word jaarliks vir projekte en programme goedgekeur en spandeer, maar op grondvlak neem die verval daagliks toe. Iewers is ‘n baie groot gat in hierdie dam. Die huidige resessie met die regering se kleiner belastinginkomste het nie alleen die ANC-regering gedwing om soveel meer te gaan leen nie, maar dit het ook die kollig laat val op die enorme korrupsie probleem in Suid-Afrika. ‘n Probleem wat veroorsaak is deur die ANC-regering se eie beleidsraamwerke. Wanneer die ANC hom knus verskans met a Chancellor House-projek om sy sakke te vul, word die voorbeeld gestel aan ANC-beheerde stadsrade om hulle tenders toe te ken aan die regte mense soos Malema se SGL Engineering Projects of hulle iets van pad- en brugbou weet of nie.”

“Dink net hoe goed kon Suid-Afrika gevaar het en hoe goed sou die fiskale raamwerk nie gelyk het indien Suid-Afrika nie gebuk gegaan het aan die remskoene van:

1. regstellende aksie waar die beste gekwalifiseerde persoon nie die pos vul nie, maar liewers iemand, wat al kan hy nie die werk doen nie, tog kwalifiseer op grond van ras;

2. SEB waar nie die beste en bekwaamste maatskappy noodwendig die kontrak kry nie, maar die maatskappy wat kan bewys dat hy swart genoeg is, en

3. waar “tenderpreneurs” floreer en miljoene rande jaarliks toegeken word aan maatskappye wat die sogenaamde regte politieke konneksies het of hulle die werk kan doen of nie.”

free noпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.