Twee in hegtenis ná plaasmoord op Belg

Deel op

Die polisie in Limpopo het twee mense in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Belg op sy plaas verlede week.

Etienne Cammaerts (61) van die Corn Hill-plaas in die Villa Nora-gebied is verlede Vrydag vermoor, volgens senior superintendent Ronel Otto.

Die man het vermis geraak ná hy omstreeks 12:00 sy werkers huis toe geneem het.

Sy bure het hom later in die veld gevind. Sy hande en voete was vasgebind en hy is keelaf gesny.

Niks is gesteel nie.

Twee verdagtes, onderskeidelik 20 en 29 jaar oud, is Maandag in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) het sy skok oor die moord uitgespreek.

“Ons gebede is met die familie en ook die regering en die mense van België,” het Theunis Botha, waarnemende voorsitter van die CDA, gesê.

Cammaerts en sy vrou het ses jaar lank in die gebied gewoon, volgens die dagblad Beeld.

casino games freetopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.