Afrikaners behoort Nederlandse sokkerspan te ondersteun

Hollandse sokkerondersteuner... heel Boeremeisie
Deel op

Hollandse sokkerondersteuner... heel BoeremeisieVanoggend is my sewejarige seuntjie skool toe met gewone klere as deel van die opbou na die Sokkerwêreldbeker wat oor 100 dae afskop. Al die kinders moes groen, geel en wit dra.

Die ANC se manipulasie van sport vir politieke doeleindes – soos nou in ons skole – steek my sommer dwars in die krop. As dit nie rassekwotas vir spanne is nie, is dit die aanwakker van ‘n pseudopatriotisme soos tydens Mandela se fameuse rugbytruivoorval in 1995. Of nou die bohaai rondom die sokker.

Sekerlik gaan dit moeilik wees om die Wêreldsokkerbeker in Suid-Afrika te ignoreer, aangesien die land vir die volgende drie maande waarskynlik oor niks anders gaan praat nie. Teen wil en dank sal ‘n mens moet kennis neem van die verskillende spanne en hul lotgevalle tydens die toernooi.

Persoonlik kan ek nie die Suid-Afrikaanse span ondersteun nie. In die eerste plek is ek geen Suid-Afrikaner nie, maar ‘n Afrikaner, iemand wat deur mnr. FW de Klerk in 1994 tot ‘n soort staatloosheid verdoem is omdat die ANC met sy Afrosentriese Suid-Afrikanisme deesdae aanspraak op ons totale grondgebied maak.

Ek is geen Engelsman of jingo of bewonderaar van die Britse kultuur en geskiedenis nie. Dit diskwalifiseer my nog verder van Suid-Afrikanerskap want deesdae is ons land so Engels soos roast beef of fish and chips. Dan het ek boonop ‘n broertjie dood aan die aapagtige manewales op TV wat gewoonlik as swart of “Afrikakultuur” deurgaan. Rubbersteweldanse en kwaito maak my naar. Tydens die openingseremonie van die Sokker 2010 sal ek liefs ‘n Afrikaanse boek lees of dalk iewers in die veld gaan loop, want ek kan nou al voorspel dat dit ‘n spul Afrosentriese kitsch gaan wees waarmee geen Afrikaner sal kan identifiseer nie, ‘n viering van die non-kultuur wat die ANC op ons almal afdwing.

Wat hulle – die Suid-Afrikaners se – sokkerspan betref, kry ek die spul nogal jammer. Heel waarskynlik gaan hulle nie ‘n enkele wedstryd kan wen nie en die paternalistiese treurmares in die media agterna gaan bydra tot die algemene mislikheid wat die land se pseudopatriotisme by elke regdenke mense veroorsaak. Dis nie dat ek die Bafana Bafana kwaadgesind is nie: hulle kan ook nie help dat die land se sokkeradministrasie korrup en onbekwaam is soos die meeste dinge wat deur die ANC oorgeneem is nie. Ek wens hulle alles van die beste toe, wel wetende dat hulle omtrent so goed speel as wat begunstigdes van grondhervorming kan boer.

Nietemin gaan ‘n mens “uit” voel as jy nie darem iewers ‘n span vir die doeleindes van die Wêreldbeker ondersteun nie. As Afrikaners oor ‘n sokkerspan beskik het, sou ons dit sekerlik ondersteun het, selfs al was hulle nie baie goed nie – hoewel, ek kan my kwalik voorstel dat enige Afrikanersokkserspan so sleg soos die Bafana kan wees. Eintlik is dit hoog tyd dat ons sokker begin speel, om weg te kom van sportsoorte soos rugby en krieket wat slegs deur Engelse en Engelse kolonies beoefen word.

Daarom: Kom ons Afrikaners ondersteun die Nederlandse span!

Waarom Nederland? In die eerste plek is oranje ‘n mooi kleur en gegewe ons historiese identifikasie met daardie kleur, gaan dit maklik wees om oranjegesind te raak.

Verder was Nederland nog altyd een van die topspanne ter wêreld en het by geleentheid al vir Brasilië, Duitsland, Italië, Frankryk, Engeland en ander kampioenspanne geklop. In hul aanloop tot Sokker 2010 het hulle geen wedstryd verloor nie en was die eerste span om vir die toernooi te kwalifiseer.

Nederland is, soos Duitsland en Frankryk, een van ons stamlande. In die verlede, veral tydens die Anglo-Boereoorlog, het Nederland ons gesteun, al kon hulle nou nie troepe stuur nie. Boonop is ons tale wedersyds verstaanbaar.

Dis waar dat Nederland in die jare sewentig en tagtig ‘n insinking beleef het, met hippies en linkse daggakoppe wat agter die Britse propagandaveldtog teen Afrikaners aangeloop het, maar in onlangse tye heers daar ‘n groter mate van nugterheid en realisme by Nederlanders teenoor ons. Boonop het figure soos Pim Fortuyn, Theo van Gogh en Geert Wilders balans in die daggakopbeeld van die Hollanders gebring. Deesdae herken ons die tradisionele Dietse nugterheid, aweregsheid en vasberadenheid by die Nederlanders wat ook ons Afrikaners kenmerk.

Vele Nederlanders ken die woorde van “Die Stem” (ek praat van Langenhoven s’n, nie die gemors wat die ANC se ideoloë daarvan gemaak het toe dit met “Oom Kosie soek ‘n lêplek in Afrika” verbaster is nie) en die “Wilhelmus”, die Nederlandse volkslied, staan ook trots in die FAK-sangbundel.

Afrikaners en Nederlanders is sustervolke. Op die hoogtepunt van die destydse anti-apartheidsboikot in 1984, het die Nederlandse skrywer Gerard Reve in ons land besoek afgelê en hom só oor Afrikaans uitgelaat: “Ik vind het boeiend, aangrijpend, ontroerend dat er ergens overzee een gemeenschap, een groep mensen is, acht miljoen ongeveer in totaal, die Nederlands als eerste taal spreken. En dan een Nederlands dat heel weinig, eigenlijk betrekkelijk weinig afwijkt van het moderne, Europese Nederlands.”

Ook het Reve tydens dieselfde onderhoud met die toentertydse boekhandelaar Marcus de Jong gesê: “I voel me erg verwant met de oude Afrikaner cultuur… Ik ben in diepste wezen een christelijk auteur, een calvinistisch schrijver. Mijn werk is doortrokken van eigenlijk in diepst wezen een calvinistische levensvisie.”

Op die keper beskou, het ons Afrikaners – by gebrek aan ‘n eie sokkerspan – veel meer in gemeen met Nederlanders as met die bonte versameling kinderverkragters, korrupte politici en ander sosiopate wat hulself in hul gewoontebesopenheid graag “Suid-Afrikaners” noem. Soos die Hollanders, is ons ‘n beskaafde, gedissiplineerde en Calvinistiese volk wat prestasie – hetsy op die sportveld, hetsy op ander gebiede – op ‘n eerlike manier nastreef sonder om die reëls in ons guns te wil verander.

Terwyl hulle gaste in ons land is, kan ons net sowel die Nederlanders as ere-Afrikaners beskou en hulle span ondersteun. Of dan voortaan: óns span.

Waarom nie? Hierdie Engelse Afrostaat erken nie ons taal of geskiedenis nie en wil al wat Afrikaanse pleknaam is, verander. Dit was so hittete of Pretoria se naam is op die vooraand van die Wêreldbeker verander.

Haal dus gerus maar jou Prinsevlag of Vrystaatvlag of enigiets anders oranjekleurigs – ook die “ou vlag” – uit en skree vir Holland. Ons kanse om die toernooi te wen is net so groot as die Springbokspan se kanse om ‘n rugbywêreldbeker te buit, verstout ek my om te sê.

Totdat die ANC die kleur oranje verbied, laat ons aan die partytjie deelneem!

deposit mobileФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.