Ou vlag in Kaapstad verbied

Deel op

Die ou Suid-Afrikaanse vlag is onder ‘n lang lys verbode items by die Kaapstad-stadion.

Dié vlag is op ‘n lys verbode items wat by die ingange van die 68 000-sitplek stadion vertoon word.

Dit is net bo “baniere of vlae met inhoud was as seksisties, rassisties, vulgêr, diskriminerend of aanstootlik” kan wees.

Sambrele met punte, traangas, vuurwapens, ammunisie, messe en enige skerp of metaalvoorwerpe met ‘n punt wat as ‘n gevaarlike wapen beskou word, word ook verbied.

Danny Jordaan, hoof van die reëlingskomitee, het gesê hy is onbewus van die verbod op die ou vlag en het nie geweet of dit by ander stadions dieselfde is nie.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het gesê wat by sportsaamtrekke in ander lande gebeur het waar mense die ou vlag rondgeswaai het, het “bietjie van ‘n verleentheid veroorsaak”.

“Ons wil nie hê dieselfde verleentheid moet hier plaasvind nie,” het hy gesê.

“Ons wil eerder aan mense sê die ou Suid-Afrikaanse vlag word nie meer as die nasionale vlag erken nie en ons wil nie hê mense moet onnodig die land of Kaapstad in die verleentheid stel nie,” het Plato gesê.

“Laat ons liewer patrioties en soos goeie patriote van die land optree.”

“As jy ‘n Suid-Afrikaner is, hoekom wil jy ‘n vlag bring wat nie meer die nasionale vlag is nie? Wat is jou motiewe daarvoor?”

Die ou vlag met sy blou, wit en oranje strepe word in sommige gebiede as ‘n simbool van die apartheid-regime gesien en word deur sekere mense as hoogs aanstootlik beskou.

Dié vlag is in 1994 met die huidige vlag vervang.

укладкаФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.