Hoe lank gaan die gelieg oor misdaad voortduur?

Deel op

Andries (Roof) Bezuidenhout besig weer eens in Rapport die standaard-verskoning vir blankes se klagtes oor Suid-Afrika se hemelhoë vlakke van misdaad: “Swartmense word ook deur misdaad getref.”

Ja, én?

Ek het geen, maar geen idee hoe op dees aarde hierdie banale nikssgeggendheid enige iets aan die dodelike situasie in Suid-Afrika verander nie. Mense in Medellin sterf ook in dwelmoorloë.

“So what?” Is diegene onder ons wat geliefdes aan misdaad verloor het, veronderstel om beter te voel omdat iemand in hetsy Soweto, hetsy Medellin, ook deur misdaad getref word?

Dis vir my dus ‘n vreemde redenasie. Of nee, nie vreemd nie, en mens kan dit eenvoudig nie vlei met die term redenasie nie. Dis eerder absurd tot op die punt van totale breinloosheid. Dis asof ‘n arm skoolkind se ma-hulle hom sonder kos skool toe stuur en vir hom sê: “Toemaar, jou maatjie, Pietie, het ook nie toebroodjies nie.” Gaan die skoolkind minder honger voel? Gaan die naasbestaandes van blanke moordslagoffers insgelyks vertroosting daarin vind dat daar ook swartes, of, les bes, inwoners van Medellin, vermoor word?

Waarom dan so ‘n belaglike cliché besig in die eerste plek? Hoe onnosel dink diegene wat sulke snert besig is hul lesers presies? Verwant hieraan is nog ‘n cliché, een wat ook in Bezuidenhout se rubriek voorkom: blankes pleeg ook misdaad. In die rubriek waarna ek verwys is dit glo ‘n blanke wat agter ene Xolani se misdaad sit (Heel waarskynlik ‘n verbeelde blanke, siende dat die vermeende baasbrein nooit gevang is nie. Hoekom is ek nie verbaas hy is nooit aangekeer nie? Duh…)

Hoe dit ook al sy, wat ‘n aardskuddende onthulling is dit dat blankes ook misdaad pleeg nie! Wil jy my wragtig vertel daar was ook ‘n Marlene Lehnberg en ‘n Pieter Grundlingh onder ons? Kan jy nou meer!

Sarkasme tersyde: mens kan uit sy skrywes agterkom Bezuidenhout voel half gekrenk dat die “mislike regses” (wat deesdae 99% van Naspers se lesers is, te oordeel aan die groot meerderheid reaksies op rubrieke (met net ‘n paar linkses wat nog magteloos teen die donderweer probeer poep) so lelik met hom is. ‘n Paar weke gelede het Bezuidenhout glad

gepoog om ‘n sarkastiese rubriek te skryf oor hoe hy glo nou nie meer ‘n linkse sou wees nie.

Ek sou egter dink dat selfs ‘n ekstreem-linkse dosent in die sosiologie (is daar enige ander soort sosiologie-dosente as diegene met Marxistiese oortuigings?) sou kon verstaan dat daar lank genoeg vir ons blankes, Jan Alleman en ek, gelieg is. Ons, en ek praat nou hier van gewone outjies, en nie AWB- of American Renaissance-lede nie, se geduld met die leuens van die linkses is op. Die waarheid oor wie misdaad pleeg ken ons almal, maar dit word al vir bykans

twee dekades onderdruk. Niemand durf dit hardop sê of skryf nie, maar: Ons weet hoe diegene wat plase aanval, lyk. Ons weet watter bendes voorstedelike huise binneval. Wenk: dis nié blankes wat swart huishoudings binneval nie.

Ons weet dat die pers berserk raak oor die enkele blanke booswigte, maar dat misdaad wat deur ander groepe gepleeg word so alledaags geword het, dat dit kwalik ‘n woord regverdig. Ons koop eenvoudig nie meer die snert en bog dat armoede glo misdaad sou veroorsaak nie.

Waarom ‘n bejaarde se vingers met ‘n snoeiskêr afknip as jy honger is? Hoe maak armoede mens dooierus neem terwyl ‘n vierjarige dogtertjie op haar ma se skoot sit, en haar dan tussen die oë skiet? Jammer vir die taal, maar moenie met ons kak praat nie, man!

Vir heeltemal te lank verkoop diegene soos Bezuidenhout polities korrekte perdevye aan ons vir soetkoek, en ons het genoeg gehad. Hoeveel dooie blankes gaan dit nog neem voordat die leuens en propaganda, ook in Bezuidenhout se rubrieke, ophou, en ons die ding op sy naam noem?

как лечить пародонтоз фотоДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.