Vryheidsfront Plus skop Pretoriase veldtog af

Deel op

Die Vryheidsfront Plus het sy verkiesingsveldtog vir die 2011-munisipale verkiesing in die Tshwane-metroraadsgebied afgeskop en het gesê dat die verkiesing ‘n baie belangrike rigtingwyser sal wees van hoe die Afrikanergemeenskap hulle toekoms in Suid-Afrika sien.

Die party het, met die VF Plus se leier in Pretoria , mnr. Willie Spies aan die stuur, “skadu-raadslede” in alle wyke in die Tshwane-metroraadsgebied, waar daar ‘n beduidende teenwoordigheid van die Afrikanergemeenskap is, aangewys.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane metroraad en ‘n woordvoerder van die party se Groter Pretoria-streek, is die Afrikaner besig om sy spiere te bult in die Suid-Afrikaanse samelewing.

“Veral op die terrein van die burgerlike samelewing, in die vorm van AfriForum, PRAAG en ander organisasies, is Afrikaners besig om te hergroepeer. Dit is egter noodsaaklik dat hierdie proses politieke vergestalting moet kry ten einde die momentum te behou.  Die VF Plus is die party wat perfek geposisioneer is om daardie rol te vervul,” het Beyers gesê.

Die veldtog in Pretoria gaan fokus op dienslewering, die naamkwessie asook die daarstel van ‘n realistiese politieke alternatief waarvolgens Afrikaners en ander minderhede volle beskerming in terme van groepsregte kan geniet.

Die VF Plus het verder gesê dat slegs ‘n stem vir dié party ‘n wyse kan wees waarop kiesers werklike protes teen die status quo kan aandui.  Al wat ‘n stem vir ander partye sal beteken is “meer van dieselfde” en berusting by die huidige orde.

play slotФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.