Rassisme by boksgeveg

Thomas Oosthuizen voor die geveg
Deel op

Thomas Oosthuizen voor die gevegRassisme sal hoegenaamd nie in die diverse sport, boks, geduld word nie, het die waarnemende uitvoerende beampte van Boks SA, Loyiso Mtya, gister gesê.

Dit was in reaksie op ‘n berig gister in die swart koerant, die Sowetan, oor ‘n blanke vroueondersteuner wat haar van rassistiese aanmerkings bedien het om Thomas Oosthuizen Saterdagaand tydens sy geveg teen Thomas Awinbono aan te moedig.

Die geveg, waartydens Oosthuizen sy WBV-Panafrikaanse supermiddelgewigtitel verdedig het, is by Emperor’s Palace deur Golden Gloves-promosies aangebied.

Volgens die Sowetan het die blanke vrou in die tweede ry van die ring af gesit en luidkeels geskree, met F- en K-woorde. Die veiligheidspersoneel is deur die skakelbeampte vir die geveg, Terry “Terrible Terence” Pettifer ontbied, maar blykbaar het sy versoek op dowe ore geval.

Volgens Mtya sal “sulke gedrag nie gedulde word nie. Ons sal baie streng teen sulke mense optree. Boks SA werk onverpoosd om alle rasse na die sport terug te bring, wat die eerste in Suid-Afrika is om ras te ignoreer. Daar is geen ruimte vir rassiste nie, ek is jammer.”

Oosthuizen is ook in die verleentheid gestel. Hy waardeer ondersteuning, maar dan moet dit “positief” wees. “Mense moet hul gunstelingsportmense op grond van hul vermoë ondersteun, nie op grond van ras nie. Dit maak my vies om te lees dat rassisme met my geassosieer word.”

Die 21-jarige Oosthuizen, wat deur Harold “Hamer” Volbrecht afgerig word, het die geleentheid gebruik om ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners te doen om Bafana Bafana tydens die Wêreldsokkerbeker in Junie te ondersteun.

Lees nog stories oor ras en etnisiteit in Engels by Race and ethnicity – news and information on ethnic issues.

tennis firstФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.