Treine loop weer ná onluste

Trein wat brand... 'n bekende gesig in Suid-Afrika
Deel op

Trein wat brand... 'n bekende gesig in Suid-AfrikaMetrorail-treine tussen Johannesburg en Vereeniging is weer aan die gang, het ‘n woordvoerder Dinsdag gesê.

“Treine loop normaalweg,” het die woordvoerder vir Metrorail, Sibusiso Ngomane, gesê.

Maandag is treindienste tussen Vereeniging en Johannesburg opgeskort nadat ‘n goederetrein deur inwoners van Thembelihle deur  betogers oor dienslewering aan die brand gesteek is.

Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie.

Volgens die Johannesburgse Metropolisie is Thembelihle naby Lenasia vanoggend stil en rustig.

Daar is geen berigte van betogings nie, het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê.

“Dis stil, daar gaan niks aan nie,” het hy gesê.

вертолетики на пульте управлениялобановский александр досье

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.