Belgiese burger tydens plaasmoord keelaf gesny

Deel op

Die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) het sy skok en afgryse oor die reeks van vyf plaasmoorde in Februarie in Limpopo uitgespreek, wat nou ook die barbaarse wrede moord op ‘n Belgiese burger, Etienne Cannaerts, ingesluit het. Cannaerts is vasgebind en keelaf gesny.

“Ons harte gaan uit na die naasbestaandes van al die slagoffers, en ook aan die regering en mense van België,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die CDA.

“Ons neem met kommer kennis dat die SANW met verminderde mannekrag op 1 April die grensbeveiliging by die SAPD oorneem, en dat sommige grense soos dié van Lesotho en Botswana eers oor ‘n paar jaar aan die beurt kom. Dit stuur ‘n heeltemal gebrekkige boodskap van die land se erns om sy burgers te beskerm uit, omdat baie plaasmoorde deur burgers van buurlande gepleeg word wat onwettig in die land is. Daarbenewens loop Vrystaatse boere nie net onder plaasmoorde deur nie, maar ander misdaad soos vee- en weidingdiefstal.

“Ons herinner dat die swart strikkie in ons mashoof vir nuusverklarings oor misdaad, ons meegevoel en gebede met alle misdaadslagoffers in Suid-Afrika en hul naasbestaandes verteenwoordig.”

casino games playФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.