Vreemdelinge in eie land

Deel op

Wanneer in die elektroniese media na berigte oor Nederland gekyk word, lyk dit soms of dit oor Suid-Afrika handel.

In ‘n artikel wat deur Trouw gedra word, word die opmerking gemaak dat die afloop van die afgelope dekades se liberale greep op Nederland baie Nederlandse Christene laat voel het hulle is vreemdelinge in hul eie land.

Die toegeeflike beleidsrigtings van die Christen-Demokratiese Appèl (CDA) het hierdie vrese nie besweer nie.

Toe, met die vorige verkiesing in 2006, vaar die ChristenUnie so goed dat dit saam met die CDA en die Partij van de Arbeid (PvdA) ‘n koalisie vorm.

Verby was die dae dat, soos dit uitgedruk is, ortodokse Christene gevoel het hulle moes hul geloof aan die kapstok ophang voor hulle dit uit hul huise kon waag.

Dit was tot onlangs, toe die PvdA die regering laat val en uit die Kabinet onttrek het.

Dié stap het verskeie implikasies.

Ten eerste het daar dadels van die hoop gekom dat die CDA en CU in die oorblywende maande voor die vervroegde verkiesing sekere sake sonder die “remskoen” van die PvdA sou kon aanpak. Hierdie hoop is verydel toe die Koningin, op advies van die verskillende partye in die parlement, die Kabinet se magte tot basies die bedryf van die alledaagse beperk het. Dit word ‘n demissionair kabinet genoem. Enigiets meer moet aan beide huise van die parlement voorgelê word.

Die CU het op ‘n missionair kabinet gehoop, wat die regering byvoorbeeld vinniger in staat sou kon stel om op die Griekse ekonomiese krisis te reageer.

Die verskil tussen die twee soorte kabinette implikasie is onder die omstandighede ingrypend. Die drie CU-ministers moet nou saam met die CDA se ministers die PvdA se kabinetswerklading oorneem, sonder dat hulle iets kan doen wat die aandag op hul bekwaamhede kan trek, wat in die aanloop tot ‘n verkiesing vir politieke partye belangrik is.

Boonop beteken die vergrote werkslading dat hulle minder tyd het om aan verkiesingsveldtogte te spandeer. In effek, word die CU nou sy vernaamste verkiesingswapen, hul leier, André Rouvoet, saam met twee ander belangrike mense, ontneem. Rouvoet moet nou naas sy funksies as vise-premier en minister van Jeugsake en die Gesin, nou ook die stywe portefeulje van Onderwys op hom neem.

Boonop waai die wind wes. Peilings toon dat Geert Wilders se party baie steun gekry het, en niemand weet presies hoeveel steun hy by welke party weggerokkel het nie.

Die CU het besluit om nie uit die kabinet “weg te loop nie” en met eerbare, harde werk aan te hou wys uit watter stoffasie hulle gemaak is, eerder as om die CDA alleen met die gebakte pere te laat, en sodoende dan hul hande los te kry om verkiesing te veg. In die proses hoop hulle veroorsaak dit nie dat Christene weer soos vreemdelinge in hul eie land voel nie.

my little pony игрушкаАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.