‘Kill the f…ing whites now!’

Deel op

Die burgerregte-inisiatief AfriForum gaan die administrateur van die PAC se Facebook-groep, Anwar Adams, voor die Gelykheidshof daag indien Adams nie die oproepe om wittes te vermoor teen môreoggend (26 Februarie 2010) om 10:00 van Facebook verwyder nie.  AfriForum se ultimatum volg nadat Adams op Facebook aangedui het dat hy nie ene Ahmed El Saud se “Kill the f***ing whites now!!!”-uitspraak gaan verwyder nie.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is Adams medepligtig aan die verkondiging van haatspraak teen wittes, indien hy as administrateur van die Facebook-groep, opruiende uitsprake toelaat.

“In die lig van die vlaag gruweldade en moorde in die land, beskou AfriForum hierdie haatspraak en aanhitsing tot geweld in ʼn baie ernstige lig,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat indien AfriForum met sy voorgenome klag teen Adams slaag, die Gelykheidshof gevra sal word om te beveel dat die boete wat Adams opgelê kan word, aan instansies betaal moet word wat slagoffers van geweldsmisdaad bystaan.

AfriForum wil volgens Kriel ʼn duidelike boodskap aan polariserende elemente in die samelewing stuur dat hulle gedrag nie deur diegene wat vreedsame naasbestaan wil bevorder, geduld sal word nie.

Die gewraakte uitsprake kan op Facebook gelees word.

bridal forehead headbandsФильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.