Van Gogh ontdek

Deel op

‘n Skildery wat herontdek is en wat glo deur Vincent Van Gogh geskilder is, word tans in ‘n museum in Nederland tentoongestel.

Deskundiges glo dat Le Blute-fin meul, ‘n kleurvolle skildery van mense by ‘n windmeul in Parys, in 1886 deur die Nederlandse kunstenaar geskilder is.

Ralph Keuning, direkteur van die Museum de Fundatie in Zwolle waar die kunswerk nou te siene is, het die skildery in 2007 herontdek en dit is later as ‘n egte Van Gogh-skildery verklaar.

Dirk Hannema, ‘n eksentrieke kunsversamelaar, het graag gespog dat hy sewe Vermeers, etlike van Goghs en ‘n paar Rembrandts in sy versameling het.

Hy was ten minste, 25 jaar na sy dood, reg oor die van Gogh. Die veramelaar het die skildery in 1975 van ‘n antieke handelaar in Parys gekoop wat nie veel waarde aan die werk geheg het nie. Hannema het egter geglo dit is die ware jakob en die skildery dadelik vir sestien keer die koopprys laat verseker.

Louis van Tilborgh, kurator van navorsing by die Van Gogh Museum in Amsterdam, sê die skildery is ongewoon vir die 19de eeuse impressionis omdat die figure groot in die landskap vertoon. Dit beeld die toneel van Parysenaars wat die houttrappe van die meul in die Montmartre-distrik klim, uit.

In ander opsigte is dit ‘n tipiese van Gogh met helder kleure wat dik op die doek aangewend is. Die skilderdoek bevat ‘n waarmerk van die winkel wat die kunstenaar dikwels besoek het, asook pigmente in die verf wat hy in ander werke aangewend het.

стоматологияДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.