Ontbind Nersa

Deel op

Die taktiek van twee treë voorwaarts en een stap agteruit is duidelik aan die kaak gestel deur eskom se tariefverhogingstrategie. Deur vir ‘n verhoging van 50% te vra en dit dan afwaarts na 30 % aan te pas en uiteindelik te skik vir Nersa se 24,8 % wat oor die volgende twee jaar tot 25,9 % toeneem, probeer hulle die indruk skep dat hulle die verbruikers ‘n guns bewys. In die praktyk is die publiek geen guns bewys nie.

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het ‘n beroep op die regering gedoen om Nersa te ontbind.

“Dit is duidelik dat Nersa die publiek gefaal het, en Eskom se swak bestuur beloon het,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA).

“Nou is nog teen hoë kostes verhore vir die skyn gehou. Nersa se versekerings dat die verhore nie skyn was nie, oortuig niks teen die agtergrond dat net Eskom se argumente uiteindelik in die praktyk gerealiseer het nie. Daar is geen aanduiding dat deeglik beredeneerde voorleggings oor alternatiewe finansieringsmodelle hoegenaamd verreken is nie.

“Uiteindelik is die armes, die middelklas en die landbou die groot verloorders en Eskom se soustreinryers glimlag van oor tot oor.”

светильники для душевыхДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.