15 000 wit polisiemanne moet waai

Deel op

’n Interne dokument van die SAPD wat onlangs uitgelek het, bepaal dat ongeveer 15 000 blanke polisiemanne voor 2010 uit die SAPD geskop moet word ten einde plek vir swartes te maak ingevolge die ANK-regering se beleid van “gelyke indiensneming”.

Deel op

Die inhoud van die verslag is glo deur Jackie Selebi goedgekeur. Gegewe die huidige misdaadgolf wat oor Suid-Afrika spoel, is dit weereens ’n duidelike teken van die absurde rassebeleid wat die ANK volg. Daar is absoluut geen logika daarin om wetstoepassers met 10 jaar en meer ondervinding met persone met geen ondervinding te vervang nie. Dit is verder duidelik dat die ANK-regering nie ernstig is om plaas- en huisrooftogte te bekamp of te voorkom nie. Ongelukkig is dit die gewone, hardwerkende en eerlike man op straat/plaas wat die wrange vrugte van die ANK se rassebeleid gaan proe.

 

no deposit winФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.