Elektrisiteitspryse skiet die hoogte in

Deel op

Elektrisiteitspryse vir huishoudings en sake-ondernemings gaan oor die volgende drie jaar verdubbel.

Die gemiddelde verhoging van 24,8% is Woensdag deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aangekondig.

Eskom se verhoging sal vir 2010-2011 24,8%, 25,8% vir 2011-2012 en 25,9% vir 2012-2013 wees.

Nersa se voorgestelde riglyn vir die verhoging in elektrisiteit vir plaaslike owerhede vir huishoudings vir dieselfde jare is 15,33%, 16,03% en 16,16%.

’n Huishouding kan volgens Nersa tussen nou 9% en 10% meer betaal vir elektrisiteit wat deur ’n munisipaliteit verskaf word.

Verbruikers in huise wat krag direk by Eskom koop, kan volgens ’n glyskaal wat Nersa bekend gemaak het, verwag om van 1 Julie tussen 14% en 18% meer te betaal, terwyl diegene wat meer as 2 000 kWh per maand verbruik,  35% meer sal betaal.

ротор купитьлобановский александр харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.