Nersa se besluit teleurstellend

Adv. Anton Alberts

Adv. Anton Alberts“Die Vryheidsfront Plus is uiters geskok en teleurgesteld met die verhoging wat Nersa aan Eskom toegestaan het. Dit is skandalig dat Nersa, ten spyte van al die voorleggings en sinvolle voorstelle wat gemaak is, steeds besluit het op ‘n verhoging van 24,8% vir 2010 (vanaf April), 25,8% vir 2011 en 25,9% vir 2012,” was adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor energie, se reaksie op die aankondiging.

“Dit is in beginsel verkeerd om die foute wat die regering en Eskom gemaak het op die brood van die verbruiker te smeer. Trouens, met hierdie verhoging word die brood letterlik uit die monde van die arm- en middelklas geneem. Die gebrek aan toekomsbeplanning en implementering vorm die kern van Suid-Afrika se energie-problematiek en dit sou beter gewees het om ‘n tydelike moratorium op enige verhoging te geplaas het totdat ‘n taakspan van kundiges of die Nasionale Beplanningskommissie ‘n meta-energieplan kon ontwikkel wat ‘n volhoubare en bekostigbare strategie die lig kon laat sien wat nou en in die toekoms implementeerbaar is. In die interim kon Eskom se enigste aandeelhouer, die regering, Eskom befonds het om die land se ligte aan te hou. Eskom is immers ‘n nutsmaatskappy wat deur die staat befonds moet word tot voordeel van die publiek. Daarom lê die plig tot befondsing veel eerder op die regering self as op die verbruiker wat nou gestraf word vir die regering en Eskom se foute,” het Alberts bygevoeg.

“Ons sal nou moet sien wat die effek van die verhoging op die ekonomie gaan wees. Die VF Plus het juis in hierdie week reeds parlementêre vrae aan die Minister van Energie gerig om vas te stel waarom daar nie meer tyd gegun word om ‘n behoorlik meta-energieplan vir die land op te stel nie en of wit en bruin personeel wat hulle werk in Eskom weens regstellende aksie verloor het, in aanmerking kan kom vir die 105 vakante poste in Eskom.”

“Dit is jammer dat ‘n rigtinglose en spartelende regering weereens die verbruiker misbruik om sy eie gebrou reg te maak. Iewers moet dit stop en die VF Plus sal indringend aandag hieraan gee,” het Alberts gesê.

светильники длядепутат лобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.