Sharpeville brand

Deel op

‘n Raadslid se huis en motor is deur woedende betogers in Sharpeville, Johannesburg, aan die brand gesteek.

NUUT!

Kaptein Julia Klaasen, ‘n polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het omstreeks 23:00 Dinsdagaand plaasgevind.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die betogers is intussen uiteengejaag.

Inwoners het Dinsdag begin betoog en het paaie in die gebied versper.

Hulle het bande aan die brand gesteek en Seifostraat en die Vuka-afdeling van die lokasie versper.

‘n Bus wat passasiers opgelaai het, is met klippe bestook terwyl dit deur die gebied gery het. Een passasier is beseer.

Sy is na ‘n nabye hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie glo die oorsaak van die betoging is swak dienslewering in die gebied.

Klaasen het gesê die polisie sal Woensdag die toestand in die gebied monitor.  

Gemeenskapsleiers en inwoners het Dinsdag by die Sharpeville-stadion vergader om regeringsbeamptes “onder die toesig en beheer van die polisie” te ontmoet.

Intussen is Orange Farm kalm ná gewelddadige betogings die afgelope paar dae

online casino freeалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.