Marcus sê nasionalisering is ‘mal’

Deel op

Gill Marcus, president van die Reserwebank, het dit Dinsdag duidelik gemaak dat die rand nie vasgepen sal word nie en dat die nasionalisering van die instelling “mal” is. 

“Ek dink nie ons sal die benadering volg om ’n vlak te teiken nie. Dit is ingewikkeld en daar is baie kwessies rondom dit,” het Marcus gesê.

“Ons het nie eers ’n siening oor wat ’n ideale wisselkoers sal wees nie.”

Marcus het gesê die beroep vir die nasionalisering van die Reserwebank het tot ’n situasie gelei waar ’n aandeelhouer moes probeer om aandele vir die bedrag van R4 600 te verkoop.

“Dis ’n baie interessante vraag oor wat dit doen. Is dit gierigheid? Wie staan nasionalisering van die Reserwebank voor? Dit is malligheid,” het Marcus gesê.

“Hulle skep ’n debat wat ’n vals debat is, dit gebeur nie. Ek sê nie ons moet nie kwessies debatteer nie, maar ek dink nie dit is gesond nie.”

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het die party verlede maand gevra om die nasionalisering van die Reserwebank te bespreek.

Sommige meen die ondersteuning van aandeelhouers kan ’n opportunistiese poging wees om vir die likwidasie van die bank te vra, aangesien die Reserwebankwet voorsiening maak dat, in daardie geval, die bank se netto bates na die regering gaan en 40% na die aandeelhouers.

Marcus het gesê dit is duidelik dat sommige Reserwebank-aandeelhouers en direksielede persoonlike belange voor dié van die bank plaas en dat dit ’n “gespanne” situasie geskep het wat hersien moet word

настольные игры купить в киевеАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.