Koos Malan oor ‘Slaggate in die grondwet’

Koos Malan
Deel op

Koos MalanProf. Koos Malan praat eerskomende Vrydagaand oor die onderwerp: “Slaggate in ons grondwet: opvul of ompad” by die Filosofiekafee op Kerkplein in Pretoria.

Vrydag: 26 Februarie 2010 vanaf 19:30

Plek: Café Riche, Kerkplein, Pretoria

“Slaggate in ons grondwet: Opvul of Ompad?” – Prof. Koos Malan (Publiekreg – UP)

Die Suid-Afrikaanse Grondwet is vir baie lank hoog aangeprys. Kritiek teen die Grondwet het feitlik glad nie voorgekom nie.  Nou, sestien jaar nadat die tussentydse grondwet in 1994 in werking getree het, word daar in die besonder onder Afrikaners intens oor die Grondwet gedebatteer. Sommige is van mening dat daar ernstige leemtes in die Grondwet is en dat dit om wysigings vra. Ander lewer nie soseer kritiek op die Grondwet nie maar maak nogtans verreikende voorstelle oor wat Afrikaners te doen staan om ‘n beter bedeling te bewerkstellig. Die grondwetlike kwessie word intens onder al hoe mense gedebatteer. Talle briewe in die gedrukte media en nog veel meer menings veral op die Internet getuig daarvan. Van die prominente deelnemers aan die onlangse grondwetlike debat sluit in Breyten Breytenbach, Lawrence Schlemmer, Marinus Wiechers.

Neem vooraf deel aan die gesprek op die woernaal: filosofiekafee.blogspot.com

Kom vroeg genoeg en parkeer op Kerkplein.

R60pp – sluit aandete in.

RSVP 012 328 31 73

caferiche@kerkplein.co.za

продвижениелобановский александр интервью

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.