Die Congress of SA Students (Cosas) in Gauteng het gedreig om die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi te ontwrig as die regering nie gratis opvoeding beskikbaar stel nie.
“Ons eis dat die regering gratis opvoeding sal bied, anders sal daar geen Wêreldbeker-toernooi in hierdie land wees nie,” het Cosas se provinsiale sekretaris, Oagile Louw, Dinsdag gesê.
Louw het gesê die liggaam is bereid om die strate in te vaar en die land “onregeerbaar” te maak.
Cosas se nasionale uitvoerende komitee meen opvoeding moet gratis wees.
“As die regering soveel kan doen om die Wêreldbeker-toernooi aan te bied, kan dit dieselfde doen om gratis opvoeding te bied.”