Oliebron van alle kwaad

Deel op

Britse olie-eksplorasie in die see by die Falklandeilande het Argentinië as aanspraakmaker op dié eilande opnuut die harnas in. Dié keer het Argentinië ook die steun van bykans alle Latyns-Amerikaanse lande, en die Argentynse pers bespiegel dat die saak ‘n draai in die wêreldhof in Den Haag kan maak.

Volgens die Argentyne erken die VN die status van die eilande as “dispute gebied” en daarom mag niks gedoen word om die status aan te tas alvorens die saak bereg is nie. In wese kom dit daarop neer dat Argentinië meen die Britte moenie toegelaat word om potensiële rykdomme in te palm, terwyl dit later kan blyk dat dit eintlik Argentynse olie is nie.

Brittanje, weer, meen hul aanspraak op die eilande is bo dispuut verhewe.

Maar is die saak so eenvoudig? Het die Argentyne ‘n geldige aanspraak op die Islas Malvinas soos die Argentyne hierna verwys.

Die ironie is dat die Argentynse naam van Franse herkoms is. Dit is afgelei van ‘n agtervoegsel vir die Bretonse hawe Saint Malo, nadat die Franse in 1764 ‘n kolonie aan die oostekant gestig het.

‘n Jaar later, onbewus van die Franse teenwoordigheid, het ‘n Britse ondekkingsreiseger die gebied besoek en namens Brittanje daarop aanspraak gemaak. In 1766 is ‘n Britse nedersetting by Port Egmont opgerig.

Ook in 1766 het die Spaanse en Britse vlote, wat beide gestuur is om soewereiniteit oor die strategiese eilande oor te neem, byna aan mekaar gespring. Die Franse het ingestem om ten gunste van Spanje die gebied te verlaat, en kompensasie is aan die Franse betaal.

Die Britte het egter in Port Egmont aangebly tot hulle in 1776 die eiland tydelik verlaat het, maar dit duidelik gemaak het dat hulle steeds aanspraak maak op die gebied.

Spanje het die eilande tot 1811 vanuit Buenos Aires geregeer. Onder Napoleontiese druk en die Suid-Amerikaanse onafhankliheidstryd het Spanje aan die eilande onttrek, maar ook nie sy aanspraak laat vaar nie.

In 1820 is namens die Verenigde Provinsies van die Rio de la Plata (voorloper van Argentinië) op die eilande aanspraak gemaak.

In 1833 ‘n Britse oorlogskip opgedaag en aangedring dat die Argentynse vlag gestryk, en met die Britse vlag vervang word. Die Argentyne moes padgee omdat hulle nie ter see teen die Britte opgewasse was nie. Brittanje het die eilande eers in 1841 formeel gekoloniseer.

Nou, ongeveer 30 jaar nadat die Argentyne kortstondig die Islas Malvinas by die Britte afgeneem en opnuut deur die Britse seemag verjaag is, is die vet weer behoorlik in die vuur.

Die ironie is dat die Falklandeilande voor kontinentale drywing eerder deel van die Afrika-kontinent uitgemaak het, en ongeveer teenoor Plettenbergbaai geleë was.

casino slots games freeлобановский депутат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.