Kondome vir 2010

Deel op

Voorrade van kondome gaan op groot skaal aangevul word vir die Wêreldbekersokker.

Victor Ramathesele, mediese ampsdraer van die 2010 organiseringskomitee, sê daar gaan ‘n feestelike atmosfeer heers wat die aanvraag vir kondome gaan opstoot.

Suid-Afrika het die eer behaal as een van die toplande ter wêreld waar Vigs maai onder die bevolking.

Ten minste 5,7 miljoen mense is met die virus besmet volgens die VN se Vigsagentskap.

Die voorsitter van die mediese komitee van FIFA, Michel D’Hooghe, sê die sokkerliggaam sal fokus op die bestryding van Vigs, malaria en tuberkulose.

Hy het gesê die besoekende spanne sal ingelig word oor die gevare wat nie alleen in Suid-Afrika teenwoordig is nie.

Suid-Afrika spog tans met die mees uitgebreide anti-retrovirale program ter wêreld.

10 free no deposit slotsАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.