Nersa kondig Woensdag verhoging aan

Deel op

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal Woensdag sy besluit oor Eskom se tariefaansoek aankondig.

Eskom het aansoek gedoen vir ’n tariefverhoging van 35% per jaar vir drie jaar met die doel om R385 miljard in te samel vir ’n kraguitbreidingsprogram.

Eskom het voor dit aansoek gedoen vir ’n jaarlikse verhoging van 45% vir die volgende drie jaar, maar het sy aansoek hersien ná teenstanding van groot maatskappye.

Eskom het verlede jaar sy tariewe met 31% verhoog.

Nersa het in Januarie openbare verhore gehad in alle provinsies oor die tariefverhoging.

Mpho Makwana, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het by ’n verhoor in Polokwane gesê dat Suid-Afrikaners maar die skok van die verhoging moet absorbeer.

“Ons weet ons vra die land om ’n bitter pil te sluk, maar ons sal almal voordeel trek oor die langtermyn,” het hy gesê.

Business Unit South-Africa (Busa) se uitvoerende hoof, Jerry Vilakazi, het gesê as die verhoging aanvaar word deur Nersa, “dan kan ons maar totsiens sê vir ’n dadelike herstel van Suid-Afrika se ekonomie”.

Suid-Afrika het onlangs uit sy eerste resessie in 17 jaar beweeg.

Baie vakbonde beweer klaar dat Nersa reeds besluit het om Eskom se 35%-tariefverhoging te aanvaar en dat die openbare verhore net gehou is om aan die wet te voldoen.

Intussen verwag die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid dat die 35%-tariefverhoging inflasie met ongeveer 0,3% kan opstoot.

“Dit sal inflasie buite die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teiken van tussen 3% en 6% sit,” het die Kamer gesê, en bygevoeg dat die tariefverhoging sowat 500 000 poste ook in gedrang is.

компрессор со 7аОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.