Malema moet ondersoek word sê VF+

Deel op

Die VF Plus het Maandagmiddag die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) formeel versoek om dringend ondersoek in te stel na Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se inkomste en sy werklike bydra tot belasting die afgelope paar jaar.

“Malema het nog geen behoorlike antwoorde verskaf aangaande sy inkomste en lewenstyl nie. Die Sondagkoerante het Sondag verder berig dat van Malema se maatskappye tenderkontrakte ontvang het wat miljoene rande beloop.

“Desnieteenstaande het Malema, soos gewoonlik, die vrae gesystap en hierdie aandag op hom toegedig aan sy politieke vyande,” het Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder, Maandag gesê.

Volgens Alberts is Malema ‘n openbare figuur wat kontroversiële uitsprake maak aangaande die wyses waarop die lot van die armes verbeter kan word en sy persoonlike lewe moet insgelyks kan getuig van hoë morele standaarde en insig in die lot van die armes.

Malema wil kommunistiese instrumente gebruik om na sy kiesers se belange om te sien, maar hyself leef soos ‘n wafferse kapitalis.

Alle inwoners is gelyk voor die reg, insluitende Malema en het die plig om tot die fiskus by te dra.

Die VF Plus vertrou om spoedig van die SAID in die verband te verneem.

free blackjack no downloadлобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.